Lost Kruger Buffalo Calf Bonds with Vehicles

Information and Discussion on the Fauna and Flora of the Kruger Park
Post Reply
User avatar
Richprins
Committee Member
Posts: 75964
Joined: Sat May 19, 2012 3:52 pm
Location: NELSPRUIT
Contact:

Lost Kruger Buffalo Calf Bonds with Vehicles

Post by Richprins »

From Beeld

Johan Breytenbach skryf: Op Maandag 16 Desember het ek en my 16-jarige seun 'n laatmiddagrit gaan doen op die teerpad suid van Satara in die Krugerwildtuin en op die volgende hartroerende scenario afgekom:

Daar was 'n bakkie van 'n Krugerwildtuin-wildbewaarder in die pad met twee insittendes en 'n baie jong buffelkalfie het direk voor die bakkie gestaan met sy/haar kop teen die voorkant van die bakkie. Skielik het die bestuurder vinnig agteruit gery om weg te kom van die buffeltjie, maar die buffeltjie het agter die bakkie aangehardloop. Die bestuurder het later stilgehou en die buffeltjie het weer direk langs die bakkie gaan staan.

Die situasie het homself herhaal met die bestuurder wat agteruit ry om van die buffeltjie “ontslae” te raak en die buffeltjie het telkens agterna gehardloop en weer langs die bakkie gaan staan wanneer die bestuurder stilgehou het. Die bestuurder het in 'n stadium eenvoudig weg van die klein buffeltjie gejaag en in die rigting van Satara gery. En haar net daar gelos ten aanskoue van besoekervoertuie.

In dié stadium was daar drie besoekervoertuie by die buffeltjie. Sy/hy het dadelik nadat die wildbewaarder vertrek het na 'n wit Hyundai-4x4 gestap en haar kop teen die agterwiel gedruk. Ons het besef sy soek 'n speen om aan te drink . . . en dat sy gedink het die wiel se “valve” is 'n speen. Die bestuurder van die Hyundai het halfverbouereerd ook vinnig weg van die kalfie probeer ry, maar sy het agterna gehardloop. Die Hyundai het egter te vinnig en te ver vorentoe gery en die buffeltjie het haar poging om by dit uit te kom laat vaar ná ongeveer 400 m. Die ander voertuie het agterna gery tot naby aan die buffeltjie.

Toe kom sy teruggestap in die pad en begin rondom 'n Jeep Discovery-voertuig loop. Sy het weer na die wiel gegaan en gesoek vir 'n speen en aan die “valve” probeer suig. Die vrou in die Discovery het my gevra wat sy moet doen en aangesien ons as besoekers hoegenaamd nie uit ons voertuie mag klim of kos, water of melk aan so 'n diertjie mag gee nie, het ek aan haar gesê ek dink die beste is sy moet ook maar wegry van die buffeltjie. Dan sal ek en die ander voertuig in die teenoorgestelde rigting ry sodat die buffeltjie nie 'n voertuig kan sien nie. Die vrou in die Discovery het toe vorentoe gery en van die toneel af verdwyn. Die buffeltjie het weer agterna gehardloop vir ongeveer 600 m en later uit moegheid gaan staan. Toe die buffeltjie nie meer 'n voertuig naby aan haar sien nie, het sy in die veld in gestap al brullende (huilende). Sy was vir seker erg in “distress”.

Dit was ernstig ontstellend, maar 'n mens mag nie betrokke raak nie.

Die volgende dag het 'n paar mense per toeval by die Tsokwane-piekniekplek suid van Satara weer oor die buffeltjie gepraat. Heelwat voertuie het haar die Dinsdagoggend weer op min of meer dieselfde plek gesien waar sy weer aan voertuie se “wiel-valves” gesuig het. Die mense was ontsteld, hartseer, kwaad, ensovoorts. Die meeste het gevoel die wildbewaarder moes haar die vorige middag al “gered” het. Almal het gevoel dat die arme buffeltjie gaan binnekort deur 'n roofdier gevang word of van die honger doodgaan. Baie vroue en meisies het hul harte uitgehuil oor die petalje en 'n paar mans het erken dat hulle ook 'n traan “weggepik” het.

Die vraag op baie mense se gemoed was waarom die wildbewaarder nie die hulpelose buffeltjie opgelaai het en na Satara geneem het waar hulle haar kon voer en die volgende dag na die veearts op Skukuza kon neem nie? Hulle kon haar later laat opneem in 'n ander buffeltrop. Daar is talle stories oor buffeltroppe wat sulke hawelose kalfies sal “aanneem”. (Die vorige week het 'n buffelkalfie afgedwaal van haar trop af iewers in die wildtuin en 'n klomp mense het aanskou hoe 'n wildbewaarder haar geleidelik teruggelei het na die trop. Toe sy naby aan die trop kom, het daar drie buffelkoeie uit die trop uit gekom, die wildbewaarder verjaag en die kalfie in die trop in begelei).

In 56 jaar wat ek die Krugerwildtuin en ander nasionale parke redelik gereeld besoek (minstens een keer per jaar), het ek nog nie so 'n voorval aanskou of van so iets gehoor nie


http://www.netwerk24.com/nuus/2014-12-2 ... n-is-sy-ma


Basically, a young calf was separated from its herd, and tried to "drink" from the tyre valves of passing vehicles! First on the scene was a Parks Board vehicle, which sped away, as did the other tourists eventually. This continued the next morning, causing great unhappiness and tears for tourists.

The debate is whether Rangers should have intervened, which has happened in the past?


Please check Needs Attention pre-booking: https://africawild-forum.com/viewtopic.php?f=322&t=596
User avatar
nan
Posts: 26307
Joined: Thu May 31, 2012 9:41 pm
Country: Switzerland
Location: Central Europe
Contact:

Re: Lost Kruger Buffalo Calf Bonds with Vehicles

Post by nan »

0*\ :-(


Kgalagadi lover… for ever
https://safrounet.piwigo.com/
Post Reply

Return to “Fauna and Flora of Kruger Park”