Hi, just saw this report in the Beeld, can some one translate please
Spur gou in ‘arm’ Kruger
2013-03-27 00:22
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Seugnet Esterhuyse
Om sy geldelike situasie te verbeter wil SANParke restaurante soos Spur en McDonald’s na die Krugerwildtuin lok.
Dit word beplan omdat geld een van SANParke se grootste uitdagings is en die situasie vererger word deur die stryd om renosterstroping te bekamp.
Volgens Glenn Philips, SANParke se bestuurshoof: toerisme en bemarking, het dié stryd SANParke se beperkte geld “ingesluk”.
SANParke het vanjaar al meer as 116 renosters net in die Krugerwildtuin verloor weens renosterstroping. Verlede jaar is 425 renosters in die wildtuin afgemaai en 252 in 2011.
Benewens tenders vir kettingrestaurante wat SANParke vra, word ’n diensverskaffer ook gesoek om ’n nuwe gesondheidspa by die Skukuza-kamp te bou.
Philips het gister by die bekendstelling van SANParke se tienjaar-toerismeplan gesê hulle wil munt slaan uit die sukses wat kettingrestaurante soos Spur en McDonald’s veral onder kinders behaal.
SANParke, wat al lank onder skoot kom oor die swak gehalte van sy eie restaurante, wil die diens van kettingrestaurante gebruik om meer mense na die wildtuin te lok.
“Ons wil bied wat hulle bied. Ons wil dinge anders begin doen,” het Philips gesê.
SANParke kry net ’n 15%-subsidie vir sy parke van die regering. Die oorblywende 85% moet hulle self in. Hoewel SANParke se wins in die laaste vyf jaar op sowat R800 miljoen geraam word, beloop die bedryfsuitgawes sowat R1,4 miljard.
“As ons op dié trant voortgaan, wag ’n skrikwekkende prentjie oor die volgende tien jaar op ons,” het Philips gesê.
Dié situasie noodsaak SANParke ook om die tariewe in al sy parke in November te verhoog met die verbruikersprysinflasiekoers (VPIX) plus 2%.
“Ons het geen keuse nie. Die bewaringseiendom onder SANParke se bestuur het sedert 2000 tot 558 000 ha toegeneem, wat bewaring ’n baie duur sakeonderneming maak.
“Benewens die bewaringsplig en deurlopende navorsing moet 4 223 km paaie vir toeriste in stand gehou word,” het Philips gesê.
In die afgelope tien jaar (2002 tot 2012) het meer as 1,4 miljoen mense die Krugerwildtuin jaarliks besoek.
Ondanks dié wildtuin se baie hoë besoekerstal is die inkomste wat voortgebring word net nie meer genoeg nie.
Philips het gesê SANParke se enigste opsie is om bykomende dienste en produkte in elke park te probeer bied.
Hulle wil ook meer swart besoekers na die wildtuin en ander parke lok in die hoop dat dit die staat sal noop om hulle meer geld te gee.
Net 8,6% van die besoekers wat tans in die wildtuin oornag, is swart mense, terwyl net 29,7% van sy dagbesoekers swart is.
Boonop het besoekers se behoeftes en verwagtings verander.
“Die nuwe besoekers wat SANParke hoop om te lok, is mense wat meer wil doen as net in hul motors rondry in die hoop om die Groot Vyf te sien.
“Hulle wil in die veld gaan stap, fietsry, swem, in kano’s roei, bergklim en onder die sterre eet. Hulle verwag ook meer as ’n rondawel, ’n skoon ablusieblok en ’n gemeenskaplike vleisbraaivuur.”