Basically a reconstruction of the tusker Duke will be erected at Crocodile Bridge, with fibreglass tusks. A private venture:
Duke neem eersdaags pos by kamp op Krokodilbrug in
Dawie Fourie het in samewerking met Stop Poaching Endangered African Rhino (SPEAR), 'n projek gestuur om een van die groot olifante van die Nasionale Krugerwildtuin, Duke, se geraamte by die Krokodilbrug se ruskamp te herbou.
1 hour ago
Bartlo Nel

'n Voorstelling van hoe die skeletkonstruksie gaan lyk.
Dawie Fourie van Marlothpark het in samewerking met die organisasie sonder winsoogmerk, Stop Poaching Endangered African Rhino (SPEAR), ‘n projek van stapel gestuur om een van die groot olifante van die Nasionale Krugerwildtuin, Duke, se geraamte by die Krokodilbrug se ruskamp te herbou.
Dawie Fourie is nie net ‘n merkwaardige skilder nie, maar sy fanatiese liefde vir olifante en sy kreatiwiteit strek baie wyer. Hy het reeds sy naam groot gemaak met sy skeletrekonstruksies en word heelwat betrek by SPEAR se Duke-projek, ‘n langtermynprojek wat ‘n monument vir die toekoms sal wees.

Dawie Fourie met Duke se tande. Foto’s: Verskaf
Duke was een van die sewe olifante wat merkwaardige lang tande gehad het en te danke aan die insig van die veldwagter Neels van Wyk, is beide hierdie olifant se verlore tande gevind voor hy dood is. Nadat hy ‘n kraag met ‘n opsporingstoestel in sy later jare gekry het, is sy hele liggaam na sy dood gevind en kon sy skelet behou word. Na vele beplanning en projekontwikkeling, sal Duke gerekonstrueer en ten toon gestel word vir besoekers by die Krokodilbrug.
Die projek is reeds verlede jaar toegeken en is aan die Komatipoort Voortrekkerkommando voorgelê. Daar word voorsien dat die ontwikkelende uitstalling ‘n aanloklikheid in eie meriete sal wees. Op Vrydag 4 Februarie, het Fourie aan die kommando die geskiedenis van Duke en die projek se proses verduidelik. Die olifant se beendere moet vir meer as 24 uur gekook word om van vette en oorskiet ontslae te raak. Daarna kan die herbouing eers plaasvind.
Vir veiligheid sal die tande in veselglas gegiet word – elke skrapie en merk. Die sakegemeenskap en mense met ‘n passie vir diere word genooi om die projek finansieel te ondersteun. Die borge sal tydens die onthulling en bekendstelling erkenning geniet by wyse van plaatjies wat by die konstruksie opgerig sal word.
SPEAR glo dat die konstruksie teen November voltooi sal wees.
Diegene wat belangstel om borge te wees, kan Jan Engelbrecht, wat beide die kommando en SPEAR verteenwoordig, by 082 784 5682 kontak. Abel Lugar kan ook by 071 548 1691 bereik word.
https://lowvelder.co.za/768706/duke-nee ... BalEV-RuAI