Robbery at Malelane Gate
Posted: Wed May 11, 2016 9:12 am
Posted yesterday on FB:
Lorinda Steenkamp
This morning a lady was robbed on the bridge at Malelane Gate. All her valuables were stolen from her vehicle while she was concentrating on taking photos of the crocodiles below. The suspects were two scruffy looking guys with long hair in an old white Pajero or Land Cruiser. Please lock your car doors when you get out at spots like these and do not trust anybody.
Carine Van Der Westhuizen
21 hrs ·
Donné is vanoggend vroeg beroof van ongeveer alles wat materieël waardevol is.
Sy was besig om op die brug by Malelane-hek van die wildtuin foto's van krokodille te neem vir haar honneursprojek toe twee langhaar-mans met hul voertuig reg langs haar voertuig gestop het. Een van hulle moes uitgeklim het en doodluiters als uit ons kar gehaal het, terwyl sy na die krokodille kyk.
Ons almal voel gemaklik op die wildtuin brug en jy dink nie daaraan om jou kar te sluit as jy reg langs hom staan nie. So daarom noem ek dit hier sodat almal bewus kan wees daarvan dat NIEMAND vertrou kan word nie. Die booswigte was twee "scruffy-looking" mense met wilde, langerige hare wat in 'n ou, witterige Land Cruiser of Pajero ry. Hulle moes haar dopgehou het, want hulle het oor die brug gery in die wildtuin se rigting, langs haar gestop en toe verder gery. Sy dink nie hulle is in die wildtuin in nie, want iemand wat naby gestaan het, het gesê sy dink hulle het omgedraai by die hek en weer oor die brug uitgery.
Daar was mense naby wat haar ondersteun het en onmiddelik vir haar 'n foon gegee het om my te bel. 'n Polisieman wat daar naby was het ook gehelp toe sy hom vertel het wat gebeur het.
So die waarskuwing is maar dat julle altyd veiligheidsbewus moet wees en jou voertuig moet sluit, al staan jy reg langs hom. En vir diegene in die Malelane omgewing, as jy die voertuig sien met die mense wat aan die bostaande beskrywing voldoen, laat weet ons asb dringend!
Haar selfoon, tablet en laptop is gesteel, saam met haar handsak, lisensie en bankkaarte. So sy is redelik afgesny van kommunikasiemiddele af ook.