Ice Cream truck overturns near Olifants
Posted: Sun Mar 26, 2017 8:48 am
Roomyswa slaan om in wildtuin na bestuurder se uitswaaislag
Die bestuurder van ‘n roomysafleweringswa het gister in die Nasionale Kruger Wildtuin ‘n noue ontkoming gehad toe hy vir ‘n rooibok uitgeswenk het.
March 19, 2017
'n Afleweringstrok het gister naby aan Olifantskamp in die NKW die pad verlaat en omgeslaan.
Elize Parker
SKUKUZA – Die roomysafleweringstrok met die Nestlé-handelsmerkstempel wat gistermiddag sowat tien kilometer van Olifantskamp in die Nasionale Kruger Wildtuin (NKW) omgeslaan het, se bestuurder is net liggies beseer en sterk tans by sy huis in Kabokweni aan.
Mnr Hendrik van der Walt, nasionale bestuurder vir die R and R Ice Cream Company, wat roomyse onder die handelsmerk van Dairy Maid vervaardig, sê dat die bestuurder vir ‘n rooibok uitgeswenk het.
Die bestuurder, mnr. Jabu Vusi Mthethwa, is werksaam by Mpumalanga Ice Cream, die verspreider van Dairy Maid-roomyse in die NKW.
Volgens Van der Walt het die afleweringswa met die swenkslag die pad verlaat en omgeslaan. Sleepmerke van die voertuig se verf wys op die pad.
“Hy het my verseker dat hy by die spoedgrens gehou het. Ons sal dit Maandag met die opsporingstoestel kan nagaan,” het Van der Walt aan Laevelder bevestig.
Die roomyse in die koeltrok onder die handelsmerkstempels van Dairy Maid, Nestle en Cadbury, was op pad na die winkel in Letaba-kamp en kon gered word aangesien daar geen skade was nie. Dit is reeds by die kamp afgelewer.
Die trok is van die padskouer verwyder en word tot Maandag in Letaba-kamp gehuisves.
Van der Walt se maatskappy het onlangs die roomysvervaardiging en –verspreiding van Dairy Maid by Nestlé oorgeneem.
http://lowvelder.co.za/379676/roomyswa- ... ldtuinbok/